ZAJazz
Johannesburg
Home
|
Venues
|
Search
|
List your event
|
Contact us
|
Newsletter
|
Change city
ZAJazz
Johannesburg

Demi Lee Moore - Jy maak my beter

Die Boer
Thu 4 August   /   R100

Demi Lee Moore is 'n Suid-Afrikaanse sangeres, liedjieskrywer asook musikant wat groot naam gemaak het toe sy in 2014 aan die gewilde TV program Idols deelgeneem het en met die 7de plek weggestap het. Nie lank daarna nie is sy geteken by Universal Music South Africa. Haar eerste enkelsnit "Liefdes Wenresep" was in Oktober 2015 uitgeruik en het binne die eerste dag die Nommer 1 plek behaal op die Afrikaanse iTunes. Dit is ook 'n gereelde gunsteling op verkeie radio stasies regoor die land.

Haar nuutste liedjie "Jy maak my beter" beoog om gou-gou diep in mense se harte in te kruip en die liedjie en Video word onderskeidelik die 17de Junie op iTunes en Youtube bekendgestel.

Kom geniet 'n propvol vertoning met liedjies wat ons almal beter maak, liedjies wat haar as sangeres geskep het en waarmee sy in die 90's grootgeword het. Ou bekende Afrikaans en Engelse liedjies asook haar eie musiek en natuurlik haar nuwe treffer "Jy maak my beter".

Van 20:30 - 22:00

Die Boer
6 Chenoweth Street, Durbanville, 7551
www.dieboer.com
navrae@dieboer.com
021 979 1911
Advertisement
Content supplied by What's On
© 2019 All rights reserved.